Nag

Die naglug oor 'n vlei in Estland, met ligbesoedeling sigbaar aan die horison.

Nag is gewoonlik die tydperk van omringende donkerte van sonsondergang tot sonsopkoms in elke dag van 24 uur, wanneer die son onder die horison is. Die presiese tyd waarop die nag begin, hang af van 'n plek se ligging en verskil ook deur die jaar; dit hang af van faktore soos die seisoen en breedtegraad.

Die woord word soms in ander betekenisse gebruik soos in die groet "goeienag" of "nagsê", verkort tot "nag", veral wanneer iemand gaan slaap of vertrek.[1] Soms word dit gebruik vir 'n tydperk van geestelike duisternis, onkunde of wanhoop.[2]

  1. "Definition of good night". merriam-webster.com (in Engels). Besoek op 31 Desember 2019.
  2. "Nag" in die WAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 5 Augustus 2022.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search